Katie Holmes
Het jy gehoor?

Katie Holmes se nuwe liefde

Nee, Katie Holmes en die sanger-akteur Jamie Foxx is nie ’n paartjie nie, maar ’n nuwe romanse laat glo haar hart bons. 

Gerugte het verlede week wild die rondte gedoen dat Tom Cruise se eks-vrou en een van sy beste vriende ’n paartjie is. Jamie Foxx het dit deur sy agent duidelik gemaak dat hulle net goeie vriende is. Maar hy is moontlik nie die “beste vriend” van haar eks-man wat  nou die rede is vir vlinders in Katie se maag nie.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Katie maak glo ogies vir een van haar eks-man, Tom Cruise, se beste vriende, FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die 34-jarige aktrise en die alewige alleenloper George Clooney geniet glo mekaar se geselskap. Bronne sê dit is nie ’n ernstige verhouding nie, maar dat hulle al op ’n paar afsprake was en die wedersydse flirtasie geniet. “Hy is ’n man met baie charisma en Katie geniet sy geselskap,” sê iemand in die binnekringe.

George Clooney wéér enkellopend

Katie het pragtig gelyk in ’n pienk rok by die première van Gravity – George en Sandra Bullock se nuwe fliek. (Kyk hier na ’n foto van dié rok.) Sandra en George is ook romanties verbind, maar dié twee sê hulle is al vir jare boesemvriende en sal nooit in ’n romantiese verhouding kan wees nie. Lees meer hier.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

George en Katie het glo al op ‘n paar afsprake gegaan,  FOTO: Gallo Images / Getty Images

Katie en George het deur Tom Cruise ontmoet en ken mekaar al jare. Sy het ook al in die verlede gesê dat sy sedert haar tienerdae ’n ogie op George het. Nou het haar tienderdrome glo waargeword.

Wat dink jy? Sal Katie en George ’n goeie paartjie maak?

Bron: Bang Showbiz