melua2
Het jy gehoor?

Katie Melua: Nuwe gesig van Opel

Katie Melua, bekende sangeres en liedjieskrywer en só ook een van die wêreld se top musieksterre is die nuwe ambassadeur vir Opel! Opel is die amptelike borg vir dié sangeres se Europese-toer, regoor 50 stede in 2011.

 

Opel se betrokkenheid by die musiek- en vermaakbedryf speel ‘n belangrike rol in die maatksappy se strategie om die handelsmerk te vernuwe en van voor af bekend te stel aan verbruikers. Dié ooreenkoms tussen Opel en Katie Melua sal definitief die handelsmerk se posisie in hul kern mark versterk en verbeter.  

 

Albei partye is ewe opgewonde en Opel beskryf Melua as ‘n merkwaardige persoon en ‘n fantastiese kunstenaar. Dié motor-handelsmerk se kern waardes is innovasie, dinamika en emosionele betrokkenheid- dus is Melua die perfekte weerspieëling van hierdie waardes. Katie laat hoor weer, sy is baie gelukkig met hierdie vennootskap en sy voel gemaklik, aangesien sy en Opel so goed bymekaar pas. Sy ondersteun Opel ten volle met hul omgewingsbeskerming- en volhoubaarheids-veldtogte, aangesien Katie ook bekend is as kampvegter vir verwante omgewingssake. Katie sal regdeur Europa toer met ‘n luukse Opel Ampera, ‘n splinternuwe, luukse elektroniese toevoeging tot die Opel-handelsmerk.

 

Hierdie verhouding is definitief voordelig vir albei partye, aangesien Katie al vele pryse gewen het, onder andere top verkoper in die VS vroulike kunstenaars kategorie in 2005 en 2006. Al vier haar albums het ook die top van alle ranglyse bereik en terselftertyd gaan Opel as motor-handelsmerk van krag tot krag!

 

Een ding is verseker, Katie is haastig op pad na groter en beter dinge in 2011!