Het jy gehoor?

Katy Perry is nou blond

Katy Perry het spesiaal vir die première van Smurfs, waarin sy Smurfette se stem vertolk, haar hare blond gekleur om soos dié karakter te lyk. Katy het met ’n wit rok met Smurfette se gesig daarop op die rooi tapyt verskyn. Sy het omtrent die koppe laat draai.

“Ek het so ‘n ruk gelede probeer om my hare blond te kleur, maar na die swart het dit rooierig uitgekom. Ek het ook daarvan gehou om ’n rooikop te wees, maar geniet die blond op die oomblik,” het sy op haar Twitter-blad gekryf.

Klik vir meer foto’s van The Smurfs première

Sy het vir haar musiekvideo, Last Friday Night, haarself in ’n regte nerd omskep, kyk die video hier:

  • Nicolene

    Ek dink dit lyk nice. Lyk nie of dit uit ‘n bottel kom nie, en pas dit BAIE mooi by haar. Well done!!

  • Paula Vorster

    Ek dink sy lyk pragtig!