Het jy gehoor?

Katy Perry oor egskeiding, John Mayer + kry haar voorkoms

Dié 28-jarige sangeres sê sy en haar eksman, Russell Brand (Get Him to the Greek, Despicable Me), was baie verlief toe hulle in 2010 getrou het. Maar nou, ongeveer 14 maande nadat hy haar per SMS afgesê het, het hulle nog nie weer met mekaar gepraat nie.

Katy sê sy het eers haarself blameer vir hul huwelik se einde, totdat sy “die regte waarheid” vir Russell se besluit uitgevind het – maar hieroor mag sy nie veel sê nie. Ons wonder of dit iets te make het met sy nuwe 23-jarige meisie, Alessandra Balazs. Sy is die dogter van die eiendomsmagnaat André Balazs, wat met die komediant Chelsea Handler uitgaan. Lyk vir ons pa en dogter deel ‘n voorliefde vir komediante!

Katy sê oor haar aan-af-verhouding met die rokjagter John Mayer dat sy “dolverlief” is op hom. Volgens haar het hy ‘n “pragtige gemoed”, maar hy is ‘n “gemartelde siel”. En met John se string eksmeisies, onder andere Miley Cyrus, Jennifer Love Hewitt, Jessica Simpson, Jennifer Aniston én Taylor Swift, kan ons sien waarom sy so sê.

Kry Katy se voorkoms in die SARIE-winkel binne Spree

Die Barokstyl-rok

Die blom-patroon rokkie

SARIE se senior mode-assistent, Luzanne van der Watt, sê:

Wees dié koue seisoen vrolik en dra blompatrone met ‘n donker agtergrond vir ‘n wintergevoel.

 

Die Antoinette-rok

Die knoop-rokkie

[box:full:red:both]

Hoe om die perfekte rooi lipstiffie vir jóú vel te kies

Pienkrooi

By ’n blas vel kom ’n pienkrooi tot sy reg, en dit laat boonop jou tande witter lyk.

Posbusrooi

Dié helder staatmaker is tydloos, en om ’n goeie rede – dit pas by enige veltoon.

Kersierooi
Jong Hollywood-sterre is versot op dié skakering van rooi, wat veral goed lyk as jy ’n pienk ondertoon het.

Lees meer hier

[/box]