FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Katy Perry se obsessiewe gedrag

Dié 28-jarige sangeres ly aan obsessiewe kompulsiewe-sindroom (OCD) en sukkel soms om dié steurnis onder beheer te kry…

Katy Perry het tydens ’n radio-onderhoud erken dat sy soms glad nie haar obsessiewe gedrag onder beheer kan kry nie. Wanneer sy onder druk is, wil gedurig alles in alfabetiese volgorde rangskik en noem haarself ’n klein Howard Hughes (die legendariese filmvervaardiger wat Leonardo DiCaprio in The Aviator vertolk het) wat alles in sy vermoë gedoen het om in sy persoonlike spasie alle kieme te vernietig.

Katy Perry oor egskeiding, John Mayer + kry haar voorkoms

Katy het ook erken dat haar onverwagse egskeiding van Russell Brand vir haar ’n baie emosionele tyd was. Russell het vir Katy per SMS in kennis gestel dat hy wil skei. In dié tyd het sy selfmoordgedagtes ontwikkel. Sy beskryf dié tydperk in haar lied ‘By the Grace of God’. Hier is van die lirieke:

Lay on the bathroom floor
Couldn’t take it anymore
By the grace of God
I looked in the mirror and decided to stay
Wasn’t gonna let love take me out

Antoinette Louw oor depressie én haar groot kans

Katy het egter met die hulp en ondersteuning van familie en vriende deur dié donker tydperk gekom. Haar grootste hoop is om eendag soos haar musiekikoon Sir Elton John te wees. Sy bewonder nie net slegs sy musiektalent nie, maar ook die manier waarop hy roem hanteer en dat hy nooit sy sin vir humor verloor het nie.

Bron: Perez Hilton, Channel 24