FOTO Mario Testino vir Chanel

FOTO Mario Testino vir Chanel

Het jy gehoor?

Keira die nuwe Sugar Plum Fairy

Met ’n arabesk en pirouette word Keira Knightley die nuutste Sugar Plum Fairy. 

Die Britse aktrise is gekies om dié karakter in Disney se weergawe van Tsjaikowski se The Nutcracker te vertolk. Dis nog onbekend of Keira sal moet dans, berig BBC.

As klein meisie het sy gereeld gaan ballet kyk en een van haar gunsteling-werke is Tsjaikowski se Swan Lake.

Keira het onlangs erken dat sy vir die afgelope 5 jaar moes pruike dra. Lees oor haar stryd met haarverlies hier.

 Hier’s die bekende dans van die Sugar Plum Fairy:

In 2011 het haar doppelgänger, Natalie Portman (dié twee word dikwels verwar), ’n Oscar vir beste aktrise gewen. In Black Swan vertolk sy die rol van Nina wat die hoofrol in Swan Lake moet dans.

Vir voorbereiding het Natalie elke dag 8 ure geoefen het. Sy moes onder meer 1,6 km swem en vir 2 ure ballet gedoen het, berig Shape Magazine.

Natalie het saam met die Amerikaanse ballerina Mary Helen Bowers gewerk.

Kyk hoe gesels Mary Helen oor Natalie se voorbereiding:

Lees nou

Fikse Deon speel in 4 rolprente

Pieter-Dirk se 10 lewensreëls

Britney is klaar met mans!