FOTO: Instagram (@maisonvalentino)

FOTO: Instagram (@maisonvalentino)

Het jy gehoor?

Keira Knightley se eersteling gebore

Die Pirates of the Caribbean-aktrise Keira Knightley en haar man, die musikant James Righton, het ouers geword, berig Vanity Fair

Dié paartjie is baie privaat en hulle het nog nie eens hul eersteling se geslag of naam bekend gemaak nie.

Volgens E! News het Keira tydens ’n onderhoud haar eenvoudige geboorteplan grappenderwys met Ellen DeGeneres gedeel: “Ek neem aan my plan is net om dit [die baba] uit te kry. Blykbaar moet daar meer tot dié plan wees, maar ek weet nie wat dit is nie. My plan is net om dit [die baba] uit te kry. Dit [die baba] sal uit kom,” het sy gespot.

Noudat die 30-jarige brunet klaar is met swangerskap sien sy daarna uit om een van die dae ’n mengeldrankie te bestel, berig E! News verder: “Wanneer kan ek weer iets drink? Ek wil net ’n margarita hê!” het sy skertsend gevra.

Keira en James is in Mei 2013 getroud.

Bron: Vanity Fair en E!News

Lees nou