Het jy gehoor?

Keira Knightley trou stil-stil

Met blomme in haar hare en ‘n knie-lengte trourok het Keira aan die sy van haar mnr. Reg, die musikant James Righton, by die stadsaal van die klein Franse dorpie Mazan ingehuppel.

Keira Knightley trou

Sy het haar boheemse uitrusting voltooi met plat skoene en ‘n Chanel-knooptrui. James, van die pop-groep Klaxons, het in ‘n blou pak opgedaag. Albei het sonbrille gedra en in ‘n silwer Renault Clio by die stadsaal aangekom.

Die paartjie het in 2011 ontmoet en verlede jaar in Mei verloof geraak.

Die byderwetse paartjie is deur die burgermeester in die stadsaal, oftewel die La Mairie soos dit in Frans genoem word, getroud. Dié het aanvanklik nie geweet dat Keira ‘n aktrise is wat £30 miljoen (R2 157 miljoen) werd is nie. Daar was glo net 11 getuies by die seremonie wat 10 minute geduur het.

Daarna is ongeveer 50 gaste na die Knightley-vakansiehuis in dieselfde dorpie vir die onthaal. Onder die gaste was die aktrise Sienna Miller en die Chanel-ontwerper, Karl Lagerfeld.

Klik hier vir nóg foto’s van Keira se boheemse troue …