Het jy gehoor?

Keira Knightley dalk meer as 3 maande swanger

Britse aktrise Keira Knightley is al meer as 3 maande swanger met haar eerste kind saam met haar musikant-man, James Righton, sê Page Six

En nou lyk dit of dié Britse aktrise selfs groter nuus as die Golden Globe- en Screen Actors Guild-benoemings wat sy Woensdag vir haar ondersteunende rol in The Imitation Game ontvang het.

Keira en haar man, James Righton, verwag hulle eerste kind vroeg- tot middel-volgende jaar, sê die New York Times online se Page Six.

Dié paartjie het self nog niks gesê oor die verwagte eersteling nie.

Dié 29-jarige aktrise en haar 31-jarige man, lid van die Britse musiekgroep Klaxons, het op 4 Mei 2013 in die suide van Frankryk getrou.