FOTO: Instagram keithurban

FOTO: Instagram keithurban

Het jy gehoor?

Keith Urban se pa sterf ná kankerstryd

Die country-sanger Keith Urban se pa, Robert, is Saterdagaand dood ná ’n lang kankerstryd, berig People

Keith het in ’n verklaring sy aanhangers bedank vir hul liefde en ondersteuning tydens dié moeilike tydperk en bygevoeg sy pa kan uiteindelik in vrede rus. Keith sê verder dit is sy pa se liefde vir country-musiek en Amerika wat sy lewenspad bepaal het en hom gevorm het tot die man wat hy vandag is.

Keith het vroeër vanjaar dié foto op sy Facebook-blad gedeel.

FOTO: Facebook Keith Urban

FOTO: Facebook Keith Urban

“Om self ’n pa te wees maak dat ek soveel meer liefde en waardering het vir my eie pa en alles wat hy vir my gedoen het,” lees die foto se onderskrif.

Die 48-jarige sanger was nog altyd baie uitgesproke oor sy liefde vir sy pa. In 2002 het hy die liedjie “Song for Dad” geskryf.

Keith en die aktrise Nicole Kidman is in 2006 getroud.

Hulle het twee dogters, Faith Margaret en Sunday Rose. Nicole en haar eksman, die akteur Tom Cruise, het twee aangenome kinders, Isabella en Connor.

Bronne: People en E! Online

Lees ook

ZZZ

Lees meer hier!