Kelly Clarkson en River Rose verlede jaar op die voorblad van Redbook

Kelly Clarkson en River Rose verlede jaar op die voorblad van Redbook

Het jy gehoor?

Kelly Clarkson is weer swanger

Die ooievaar is weer op pad na die American Idol-wenner Kelly Clarkson, berig Popsugar

Kelly het die nuus by ’n konsert in Los Angeles bekend gemaak. Sy het in die middel van ’n liedjie gestop en die gehoor toegespreek: “Ek was nie van plan om die nuus vanaand te deel nie, maar ek is swanger!” Die skare het omtrent te kere gegaan toe hulle dié nuus hoor.

Die 33-jarige Stronger-sangeres het haar hormone blameer vir haar impromptu aankondiging en wil nie hê die konsertgangers moes dink sy is op pille nie.

Dit is Kelly se tweede kind saam met haar man, Brandon Blackstock. Hul eersteling, River, is verlede jaar gebore. Die paartjie is in 2013 getroud.

Bron: Popsugar

Lees ook