FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Kelly Clarkson se tweede kind is hier

Die oggend begin met soveel babanuus!

Ons het vanoggend berig dat Ryan Reynolds én Ryan Gosling uitsien na die koms van hul tweede kinders.

En nou sien ons dat Kelly gistermiddag (Amerikaanse tyd) bekend gemaak het dat sy die lewe geskenk het aan háár tweede kind.

Remington Alexander Blackstock is Dinsdag gebore. Ma en baba is albei gesond.

Kelly en haar man, Brandon, is reeds ouers van die 1-jarige River Rose.

Kelly Clarkson en River Rose verlede jaar op die voorblad van Redbook

Kelly Clarkson en River Rose verlede jaar op die voorblad van Redbook

Kelly het verlede jaar in Oktober tydens ’n konsert (en tussen die trane deur!) haar tweede swangerskap aangekondig.


Bronne: KISS1065 en E! Online