FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Kelly Clarkson is swanger

 

Kelly Clarkson het gistermiddag (Amerikaanse tyd) dié goeie nuus met haar Twitter-volgers gedeel.

 

Die 31-jarige Amerikaanse sangeres is swanger met haar eersteling. Sy en haar man, Brandon Blackstock het verlede maand getrou – kyk hier na foto’s van dié troue!

Brandon is die seun van haar agent en het reeds twee kinders uit ’n vorige huwelik. Kelly het geen geheim daarvan gemaak dat sy so gou moontlik hul gesin wil uitbrei nie – en nou het sy die perfekte Kersgeskenk gekry. Sy het getwiet:

Kelly Clarkson TwietSy het vroeër op die kletsprogram The Tonight Show aan die aanbieder Jay Leno gesê sy wou nooit kinders gehad het nie, maar nou wil sy vyf hê!

Kelly het ook ’n feesalbum wat vir die Kerstyd vrygestel word. Kry Kelly se feesalbum hier: http://bit.ly/18mLk3s

Kelly Clarkson Wrapped in Red

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bron: TIME