Kelly Clarkson en River Rose verlede jaar op die voorblad van Redbook

Kelly Clarkson en River Rose verlede jaar op die voorblad van Redbook

Het jy gehoor?

Kelly Clarkson verwag ’n seuntjie

Die American Idol-wenner Kelly Clarkson het op Instagram bekend gemaak dat haar tweede baba ’n seun is, berig Huffington Post.

“River Rose gaan ’n boetie kry! Ons is baie opgewonde”, het sy by die foto geskryf.

River Rose (16 maande) is Kelly en haar man, Brandon Blackstock, se eersteling. Kelly het in Augustus by een van haar konserte onverwags uitgeblaker dat sy weer swanger is.

Sy het vroeër vanjaar in ’n onderhoud spottenderwys gesê sy hoop om ’n seuntjie te kry, omdat sy baie naar was terwyl sy haar dogtertjie verwag het. Sy hoop haar swangerskap met ’n seun is makliker.

Brandon het twee kinders uit ’n vorige verhouding, Savannah (14) en Seth (8), berig Today.

Bronne: Huffington Post en Today

Lees ook

ZZZ

Skryf HIER in vir dié kompetisie