FOTO: Instagram giulianarancic

FOTO: Instagram giulianarancic

Het jy gehoor?

Suurdruiwe tussen Kelly Osbourne en Giuliana Rancic

Kelly Osbourne maak nie ’n moordkuil van haar hart nie …  Sy het haar voormalige, mede Fashion Police-aanbieder Giuliana Rancic ’n ‘leuenaar’ genoem, berig The Wrap

Sjoe, hierdie is vir ons moeilik om te glo. Al is jy ’n aanhanger van Fashion Police of nie – dié twis onder die aanbieders kan moontlik die laaste spyker in dié program se doodskis wees.

Fashion Police sal 31 Augustus weer op die kassie wees om kommentaar te lewer oor die mode by vanjaar se MTV Video Music Awards. Kelly hoop dat die program suksesvol sal wees en sou dit oorweeg om terug te keer “indien sekere mense nie daar is nie”.

Moddergooiery

“Ek sal nooit erken dat ek van Giuliana hou nie, want ek hou niks van haar nie. Ek dink nie sy is ’n goeie mens nie en sy is ’n leuenaar,” het Kelly aan The Wrap vertel.

“Guiliana verstaan nie hoekom Kelly aanhou om neerhalende opmerkings teenoor haar te maak nie,” het ’n bron aan People vertel.

Raad: Hanteer eerder konflik op kantoor só 

Die einde van Fashion Police?

Kelly het in Maart Fashion Police verlaat, ná Giuliana by die jaarlikse Oscar-toekennings gesê het die Disney-ster Zendaya Coleman se hare soos plant-olie of dagga ruik. Dié program het verder ’n knou gehad toe Joan Rivers verlede jaar oorlede is.

Wat dink jy? Beteken hierdie moddergooiery die einde van Fashion Police? 

Fashion Police

Bronne: People en The Wrap

 Lees ook