FOTO  @kellyosbourne

FOTO @kellyosbourne

Het jy gehoor?

Kelly Osbourne groet Fashion Police PLUS wie gaan haar vervang?

Kelly Osbourne groet Fashion Police, het E! Online bevestig. Hoewel haar plaasvervanger nog nie aangekondig is nie, word ’n paar groot name genoem wat moontlik by haar kan oorneem. 

E! Entertainment, die kanaal waarop dié program verskyn, het Vrydag in ’n persverklaring bevestig: “Kelly Osbourne verlaat E! se Fashion Police om ander geleenthede na te streef. Ons wil haar bedank vir die insette wat sy die afgelope vyf jaar gelewer het. Die kykers was mal oor haar.”

“Die program gaan voort soos normaal. Geen besluite is gemaak met betrekking tot haar plaasvervanger nie,” het die verklaring verder gelui.

Fashion Police lewer kommentaar op bekendes se modeflaters, maar een van die paneellede, Giuliana Rancic, se kommentaar dat die Disney-ster Zendaya Coleman se haarstyl by die Oscars soos plant-olie of dagga ruik, het kykers én vir Kelly ontstel, berig Daily Mail.

Kelly het glo besluit om die program te verlaat omdat Giuliana en die kanaal, volgens haar, die situasie sleg hanteer het.

Een van dié sterre gaan glo vir Kelly vervang: Khloé Kardashian, NeNe Leakes, Kristin Cavallari, Chrissy Teigen of Amber Rose.

Fashion Police is verlede maand hervat met Kathy Griffin as hoofaanbieder ná die dood van Joan Rivers.

Gaan jy vir Kelly op Fashion Police mis?

  • JA
  • NEE

Fashion Police

Lees ook