FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Kelly Osbourne praat oor haar dwelmstryd

Kelly Osbourne was nog nooit skaam om te erken dat sy ‘n dwemverslawing gehad het nie, maar in ‘n nuwe onderhoud met die Britse Cosmopolitan het sy skok-onthullings oor haar dwelmstryd gemaak.

In die ergste tye van haar dwelmstryd het haar ma, Sharon, haar toegesluit om haar verslawing hok te slaan, het Kelly onlangs erken. “Ek was al sewe keer in rehabilitasiesentrums en in twee inrigtings. My ma het my selfs eenkeer laat toesluit om my skrik te maak. Maar soos ‘n bedorwe brokkie het ek net daar gesit totdat sy besef het dit gaan nie werk nie.”

Friends-akteur oor sy stryd teen verslawing

Ek moes leer dat terapie en medikasie nie gaan werk nie, tensy jy wil hê dit moet werk. Totdat jy ‘n beter mens wíl wees, sal jy nooit een wees nie.

Maar ten spyte van haar verslawing was sy glad nie ‘n partytjie-meisie soos wat baie haar opgesom het nie. “Ek het nooit saam met vriende uitgegaan en dwelms gebruik nie. Ek wou die dwelms op my eie gebruik,” sê die 28-jarige.

SA se beroepsmense swig voor opkikkers en dwelms

Kelly het vroeër erken dat sy Vicodin (‘n voorskrif-pynpil) al gebruik het sedert sy 13 jaar oud was. In ‘n stadium het sy 100 pille per dag geneem en bloed begin opgooi. Vandag is Kelly skoon en verloof aan Matthew Mosshart. Buiten vir ‘n paar drankies elke nou en dan, drink sy ook nie meer nie. Haar pa, die legendariese rock-ster Ozzy, het ook ‘n stryd met alkohol- en dwelmverslawing gehad.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

FOTO: Kelly is nou skoon en verloof aan Matthew

Glee-ster se stryd teen dwelms

Die eksperts praat oor alkoholmisbruik

Lees hier wat skryf sielkundige Louis en die gewilde Louis en Lisa-reeks oor alkoholmisbruik en ander verslawings.