Het jy gehoor?

Kelly Osbourne se gewigsverlies-geheim

Haar Twitterblad is besaai met wenke en mites oor gewigsverlies, en nou ná haar eie stryd teen die skaal, praat sy oor haar gewigsgeheime. Die Dancing with the Stars-ster sê dat hoewel dit lyk of haar gewigsverlies haar gelukkig maak, was dit juis ‘n besluit wat sy voor die tyd moes maak.

“Mense dink ek’s nou gelukkig omdat ek gewig verloor het. Maar dit is nie hoe dit werk nie. ‘n Mens moet éérs gelukkig wees,” sê Kelly.

Kelly probeer om 5 keer per week by die gimnasium uit te kom, maar “dit gebeur nie altyd nie”, erken sy. “Ek doen ‘n halfuur lank kardio-oefeninge, en kombineer dit dan met oefeninge op gim-apparaat, joga of Pilates. Ek verkies ‘n verskeidenheid,” sê sy.

En wat eet sy?
Pap of ‘n omelet met eierwit is ideaal vir ontbyt. En dan ‘n kalkoen-burger vir middagete en ‘n goed gebalanseerde aandete met vleis, stysel en groente.

“Ek’t my af dae. Ek kul soms, en dan’s daar ‘n dag in die week wat ek eet net wat ek wil,” sê sy. En sy moedig mense aan om dieselfde te doen.

“Moet nooit jouself ontneem van iets nie, want dan raak jy kwaad. Mense wat honger is, is mislik,” sê sy.

  • Martha Poller

    Ek is grys en is absoluut mal daaroor! Jy is tog maar so jonk/oud soos jou hart jou vertel…