FOTO  @kellyosbourne

FOTO @kellyosbourne

Het jy gehoor?

Kelly Osbourne se nuwe liefde!

Die voormalige Fashion Police-aanbieder Kelly Osbourne het nuwe liefde gevind! Volgens Us Weekly is sy en Kes Glozier, die redakteur van die dokumentêre tydskrif The New British, nou ’n paartjie.

Die 31-jarige TV-persoonlikheid en die 28-jarige Brit het mekaar deur gemeenskaplike vriende ontmoet en kontak behou. Hy het haar deur moeilike tye bygestaan wat dié twee net nader aan mekaar gebring het, berig Us Weekly. Kelly het dié foto van haar en Ken sowat ’n maand gelede op haar sosiale media gedeel:

Kelly het in Januarie 2014 haar verlowing verbreek met die vegetariese sjef, Matthew Mosshart nadat hulle vir twee jaar ’n paartjie was.

Haar ouers, Ozzy en Sharon Osbourne, het vroeër vanjaar aangekondig dat hulle ná 33 jaar saam gaan skei. Dít ná gerugte dat Ozzy, 67, vir Sharon, 63, met ’n celeb-haarstileerder verneuk het. Maar volgens Kelly is haar ouers weer bymekaar.

Kelly sê haar verhouding met haar pa is nog goed. “Dit beteken nie dat ek dink wat hy gedoen het is nie stupid nie, maar dis tussen ons … Ek’s lief vir my pa”, berig Hollywood Life.

Niemand kan vir seker sê wat in die lewe van die Osbournes aangaan nie. Maar ons kan dalk meer uitvind in Kelly se boek,  “There’s No F—ing Secret” wat in 2017 vrygestel word.

Bronne: Us WeeklyHollywood Life

Lees nou

Sharon en Ozzy Osbourne weer saam

Adam Small: Hy het Afrikaans bevorder, bemagtig en beskerm …

Komediant Joan Rivers se besittings opgeveil