Het jy gehoor?

Kelly Osbourne verloor byna 20 kg+ haar 1ste voorbladfoto in bikini!

Kyk hoe lyk sy op die Desember 2010-voorblad van die oorsese uitgawe van Shape. Ware inspirasie!

Die sangeres en werklikheids-TV-ster Kelly Osbourne (25) het met haar gewig gesukkel en het al drie keer in ‘n rehabilitasiesentrum vir haar dwelm- en alkohol-verslawing gaan draai. Maar volgens ‘n onderhoud met die tydskrif Us Weekly lyk die prentjie noudat sy 20 kg verloor het heelwat anders, berig www.thatsfit.com.

‘n Gesonde lae-koolhidraat-dieet en baie oefening, waaronder ballet-ontmoet-joga-pilates-oefeninge (bar method exercise), is glo deel van haar sukses-resep. Dan het sy ook aan die ABC-kanaal se dansprogram Dancing with the Stars (byna soos Strictly Come Dancing) deelgeneem.

In die onderhoud met Us Weekly erken Kelly dat sy ‘n emosionele eter is: “Ek sou pizza bestel, en dan al my emosies wegeet.”

Kelly het voorheen al 20 kg met ‘n dieet verloor, maar in 2009 weer al die gewig aangesit. Sy het ook ‘n paar kitsdiëte probeer wat nie gewerk het nie.

Kelly se oefen- en eetplan

Sy’s geensins ‘n oefen-fanatikus nie, maar doen 3 keer per week vir ‘n uur op ‘n slag bar method exercise.

“Ek kan nie elke dag oefen nie, ek’t nie die selfdissipline nie. Ek hou nie van oefen nie. Dis aaklig. Jy sweet en jy stink, maar dan is dit gelukkig verby. En net 3 dae ‘n week maak regtig ‘n verskil. ‘n Mens raak verslaaf daaraan.”

Wanneer sy nie by die oefenklas kan uitkom nie, gaan stap sy, haar ma, Sharon, en ‘n fiksheidsinstrukteur naby hul huis in Kalifornië. “Ons stop soms om opstote en maagoefeninge te doen voor ons verder stap. Daar is so baie bulte waar ons stap!”

Eetplan

‘n Gewone dag vir Kelly sluit in:

Ontbyt: Eierwit-omelet met kalkoenvleis.

Middagete: Slaai met tamaties, salami, mozzarellakaas en garbanzo-bone.

Aandete: ‘n Kalkoenburger met slaai of gestoomde groente met suikervrye Jell-O (‘n jellie-nagereg).

Wenke

  • Drink minder of geen gaskoeldrank. “Ek kon tot 10 ‘n dag drink, maar ek drink nou net een.”
  • Eet ryskoekies pleks van skyfies.
  • Gooi weg jou mikrogolfoond. Dis so maklik om ‘n 3-minuut-kitsete te maak. Koop eerder vars kos. (Bron: www.celebritydietdoctor.com)
 

  • Maryke Meyer

    Kelly is waarlik ‘n inspirasie vir ons as vrouens. Sy het kritiek gevat en dit in iets positiefs omgesit, hoeveel van ons doen dit werklik. Al wat ek vir haar kan sê is, you go girl!!

  • BL9XJR xaehzkasqqxz, [url=http://ismyyvfnycbt.com/]ismyyvfnycbt[/url], [link=http://bhbtvsgmxrtr.com/]bhbtvsgmxrtr[/link], http://elkbzhpleegk.com/

  • hlygmbvs

    nVjyeR arxwfwbbyycx, [url=http://tinmvsuodufe.com/]tinmvsuodufe[/url], [link=http://qlwphqllokox.com/]qlwphqllokox[/link], http://kljeveaimfjh.com/

  • Nuette Gillmer

    Ek dink Kelly is n stunning girl, en weereen aan ons bewys wat n mens instaat is om alles
    te gee (in te sit wat n mens wil bereik as n mens graag wil.

    Ek haal my hoed vir haar af ..want sy lyk asemrowend met daai mooi nuwe lyfie van haar.
    Ek is ook iemand wat altyd skraal was en sukkel op die oomblik om die gewiggies af te skud!
    Ek is 46 jr oud en ly aan hoe bloeddruk en hoe kollestrol wat my so bietjie onder kry..
    Sodra ek planne maak om te oefen voel ek nie goed (lekker) nie omrede van die bloeddruk en kollestrol.

    Ek eet nie so baie nie, want dit voel of ek die heeltyd vol bly..
    My man se as hy so min eet soos ek , dan het hy lankal 5 kilo`s verloor n week..

    Wat kan ek doen..om gouer op n gesonde manier gewig te verloor..

    You have done..it, girl.