Kelly en Matthew se verlowingsfoto in HELLO!

Het jy gehoor?

Kelly Osbourne weer enkellopend

Ons het verlede jaar berig dat Kelly Osbourne senuweeagtig is oor haar troureëlings. Maar dié groot geleentheid gaan nou glad nie meer gebeur nie, berig People.

Kelly en die sjef Matthew Mosshart het hul verlowing verbreek, het haar agent gister bevestig. “Die paartjie is steeds op goeie voet en het steeds baie respek vir mekaar. Kelly sien uit na ’n nuwe jaar vol nuwe dinge.”

Die paartjie is verlede jaar verloof en het nog Kersfees en Nuwejaar saam spandeer. Hulle sou in Julie vanjaar getrou het.

Kelly het gister saam met Justin Bieber gekuier en dié foto’s op haar Instagram-blad getwiet. Vinnig het skindertonge begin beweer dat hulle nou ’n paartjie is.

Kelly het die volgende getwiet wat moontlik oor hul verhouding gaan: