FOTO: Instagram  @kellyrowland

FOTO: Instagram @kellyrowland

Het jy gehoor?

Kelly Rowland verwelkom babaseun PLUS dís sy naam!

Die sangeres Kelly Rowland en haar man, Tim Witherspoon, het gister hul eersteling verwelkom. En hulle het besluit om hom Titan Jewell te noem!

Volgens ‘n woordvoerder is die ma en baba albei gelukkig en gesond. Kelly het in Junie vanjaar bevestig dat sy swanger is, ’n maand nadat sy en haar bestuurder, Tim, afgehaak het.

Sy het nog nie ’n foto van die kleinding gedeel nie, maar sy sal waarskynlik wag tot hy ‘n bietjie ouer is voordat sy hom vir die publiek wys.

FOTO: Instagram  @kellyrowland

FOTO: Instagram @kellyrowland

Kelly Rowland het verlede jaar die SA ontwerper Gert-Johan Coetzee ondersteun toe sy een van sy rokke na ’n spoggeleentheid gedra het – lees meer HIER.

LINKS: Die foto van Gert se swart skepping wat Kelly op Instagram gedeel het. REGS: Hulle twee saam in September.

LINKS: Die foto van Gert-Johan se swart skepping wat Kelly op Instagram gedeel het. REGS: Hulle twee saam in September.

Kelly by die gala-ete saam met Julie Bowen van ‘Modern Family’-faam FOTO: Instagram

Kelly in haar Gert-Johan-skepping saam met Julie Bowen van ‘Modern Family’-faam FOTO: Instagram

Bron: People

Lees ook