kendle jenner
Het jy gehoor?

Kendall Jenner nuwe gesig van Calvin Klein

Eers het die jonger kleinsus van Kim Kardashian verlede jaar die mode-loopplanke verower. Nou is die 19-jarige Kendall Jenner as die nuwe gesig van Calvin Klein aangewys om hul nuwe jeans-reeks My Calvins te bemark, berig HELLO! 

Dié donkerkop het ’n kort boodskap en ’n paar foto’s van die fotosessie met haar meer as 21 miljoen Instagram-volgelinge gedeel: “Trots om die gesig van @calvinklein #mycalvins demin-reeks te wees!”

Kendle Jenner

“Dit was nog altyd my droom om vir Calvin Klein modelwerk te doen. Ek dra graag Calvin Klein … Dit is werklik ’n groot eer om deel van dié ikoniese handelsmerk te wees,” het sy in ’n verklaring gesê

Volgens die hoofbemarker van Calvin Klein, Melisa Goldie, is Kendal perfek vir dié veldtog. “Sy is modern en beeldskoon … en sy het miljoene aanhangers regoor die wêreld.”

Ander bekendes wat al in Calvin Klein-veldtogte verskyn het, is Kate Moss, Victoria Beckham, David Beckham en Lara Stone.

Bron: HELLO! 

Lees ook