Het jy gehoor?

Kendall Jenner pronk op Vogue

Cindy Crawford, Gwyneth Paltrow, Nicole Kidman, Sarah Jessica Parker, Kirsten Dunst, Sienna Miller, Halle Berry, Kate Moss, Lady Gaga, Jennifer Lawrence, Beyoncé, Cara Delevingne en Karlie Kloss. Dis net van die bekendes wat al op die voorblad van Vogue se September-uitgawe verskyn het. En dié keer is dit niemand anderste nie as Kendall Jenner.

As jonger suster van Kourtney, Kim en Khloé Kardashian kon Kendall maklik in hul skaduwee beland het. Maar sy het nie en met haar natuurlike skoonheid het dié donkerkop reeds op die voorblad van ses verskillende Vogue-uitgawes verskyn. Dit sluit selfs Vogue China en Vogue Japan in!

Kyk net hoe mooi lyk sy op hierdie Septemper-uitgawe:

kendall-jenner-vogue-cover

Natuurlik het haar familie die geleentheid gebruik om op sosiale media te spog.

Kim Kardashian

Khloé Kardashian

Kendall you did it!!! You really did it! This is just the beginning baby girl. I wish people realize how many sacrifices you have made. How many family events you had to miss out on. How many times you weren’t able to hang out or do the normal social thing at 20 because you were working. How many things you’ve missed out on because you have been focused and Prioritizing. The endless times you were homesick and lonely. Congratulations to one of the sweetest, most humble and down-to-earth girls! Your passion, bravery and drive helped get you here! Kenny, I am so proud of you for reaching one of your so very high goals! It’s only the beginning! Your future has no limits! I have loved watching you sparkle! I can’t wait to see the fireworks you create! #GodIsGreat A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

Kourtney Kardashian

 

Shine baby sis…on the cover of September Vogue!! I’m so proud of you every day for living your dreams.

 

A photo posted by Kourtney Kardashian (@kourtneykardash) on

In Amerika veral is die September-uitgawe vir glanstydskrifte ontsettend belangrik. Dit gaan oor wié jy op die voorblad kan kry en hóé dit lyk. Dis ’n nuwe seisoen (herfs) en die mode ondergaan ’n transformasie. Dis vars en dis opwindend, en die kompetisie is groot!

Só lyk vorige September-uitgawes van Vogue:

In 2009 het die filmmaker R.J. Cutler ’n dokumenter, The September Issue, gemaak oor dié belangrike uitgawe. Die redakteur van die Amerikaanse Vogue, Anna Wintour, en haar span is toe gevolg terwyl hulle aan dié uitgawe werk.

Kyk die lokprent hier:

Die aktrise Sienna Miller het destyds op hul September-uitgawe van 2007 verskyn.

sienna-miller-vogue-september-2007-cover__oPt

En Suid-Afrika beteken September net een ding: Lente! Op SARIE se September-uitgawe verskyn die rooikop-aktrise Amalia Uys. Koop dié uitgawe hier.

SEPT

Lees nou

Rio-inspirasie: Só dra jy helder oë en lippe

Modewenke vir lank en kort 111