FOTO: Instagram / @kerrywashington

FOTO: Instagram / @kerrywashington

Het jy gehoor?

Kerry Washington is swanger

Ons ken haar as Olivia Pope wat dikwels die Wit Huis met ’n ysterhand regeer in die ABC-reeks The Fixer (Scandal). Nóú verwag Kerry Washington haar tweede kind!

Gister by die MET Gala het Kerry haar bababoep vir die eerste keer op die rooi tapyt gewys. Kerry en haar man, Nnamdi Asomugha, het reeds ’n tweejarige dogtertjie, Isabelle Amarachi. Die paartjie is in 2013 getroud. Die geslag van haar tweede baba is nog nie bekend nie, berig E! News.

Sy is nie al celeb wat haar babamagie op die rooi tapyt vertoon het nie. Aktrises Emily Blunt, Olivia Wilde en Blake Lively het ook die aandag getrek.

Blake Lively

Olivia Wilde

Emily Blunt

Daar was natuurlik ook ’n paar skokke by die MET Gala.

20160429_VGB Tag

Lees nou

Met Gala: skokke en gunstelinge op rooi tapyt

Shonda Rhimes se jaar van ja

So lyk 2016 se celeb-babas