sr1012optel_13_
Het jy gehoor?

Kersfees uit jou kas – dekor-en-resep-idees

‘Selfsug maak Kersfees ’n las; liefde maak dit ’n vreugde’ – Anoniem


Jou Spyskaart

Appel-en-okkerneutslaai

…………………………………

Hoenderpastei
Geroosterde varkrol
en baba-pere

………………………………..

Groenbone en
aspersies gebak met
broodkrummels
Patats
Heuningwortels

………………………………..

Tiramisu-tert
Roomys met
sjokoladesous en
‘soet goeters’

……………………………….

Ster-koekies

Roomys Roomys met sjokoladesous
Ken jou pakkie Ken jou pakkie
Versier die kinders se pakkies met foto’s van hulself daarop. Dis vir hulle groot pret om hul pakkies so te soek. Die ontwerpe vir die kaartjies is op sarie.com > my styl > dekor > selfmaak te kry. Die ronde plekmatjie (sowat R35) is van Tassels & Treasures. Die balle (R249 vir 26) is van Game. Stoel stilis se eie.
Vir die boom Strikke, sterre en koekies vir die boom
Bring kleur en feestelikheid na jou leefvertrek met linte en blink
Kersballe. Bind ’n kleurryke lint (om te lyk soos ’n geskenkpakkie)
om jou kussings. Span ’n ster of twee met lint en wondergom teen jou muur en knyp jou Kerskaarte daaraan vas met klein wasgoedpennetjies. En vul ’n groot glasbak (R1 195 van Loft Living) met al jou Kersballe. Aan die boom hang jy koekies wat jy en die kinders self bak. Die Kersboom (180 cm hoog, R999) is van Makro, en die bank (R9 995) en sytafel van soliede hout (R2 495) is van Loft Living.
Hoenderpastei Hoenderpastei
Feestelik gedek Feestelik gedek en getooi
Maak ’n groot Kerskrans van siprestakke wat jy met dun draad om ’n metaalhoepel (sowat R10 p.m. by ysterwarewinkels) vasdraai. Versier met balle en lint. Laat die kinders help om papierkettings van veelkleurige papier te maak wat teen die kaggel gedrapeer word. Die oorgroot sak (R32,95) van Merry Pak & Print is ideaal vir Kersvader se geskenke. Die piouterbeker (R684), skinkbord (R1 140) en laaikas (R4 225) is van Chikadee. Pleks van blomme is die tafel versier met gekleurde glase (vanaf R9,99 – R25 elk) van Mr Price en Woolworths en Kersballe van Game. Die wynglase (R39) is van Woolworths en die Kersklappers (sowat R59 vir 6) van Checkers.
Tert Tiramisu-tert
Groente Patats, Heuningwortels en Groenbone en Aspersies gebak met Broodkrummels
Boog Pleks van ’n Kersboom kan jy so ’n boog (R699) van Makro met
gekleurde balle versier.
Varkrol Geroosterde varkrol met baba-pere
Slaai Appel-en-okkerneutslaai