Het jy gehoor?

Kevin Spacey & Oakley span kreatiewe kragte saam

Ons ken hom beter as die slinkse Francis Underwood van House of Cards, maar die dubbele Oscar-wenner (Beste akteur in 1999 vir American Beauty & Beste ondersteunende akteur in 1995 vir The Usual SuspectsKevin Spacey deel nou ook sy talent met die bekende Oakley-handelsmerk. SAARTJIE inbox Kevin Spacey is die verteller in Oakley se nuwe kortfilm – “A Story of Disruption” – waarin die maatskappy se Disruptive by Design-inhoudplatform bekend gestel word. In die kortfilm word Oakley se handelsmerkfilosofie ondersoek en dié 40-jarige maatskappy se mees innoverende produkontwerpe, vanaf 1975 tot vandag toe, gevier.

Agter die skerms met Ashley Greene vir Oakley se nuwe vroue-reeks

Kies só ‘n sonbril wat by jou gesigvorm pas

Oakley.com/disrupt sal dien as platform vir nóg verhale oor die mense, plekke en produkte agter die Oakley-handelsmerk. Verdere films sal ’n kykie gee na  wat agter die deure by die ontwerpateljee in Foothill Ranch, Kalifornië, gebeur.

“Dit is die begin van ’n opwindende nuwe hoofstuk vir Oakley”, sê Tom Cartmale, die maatskappy se globale handelsmerk-kommunikasiedirekteur. “Ons het stories wat vertel en filosofieë wat gedeel moet word, want dït het die krag om die volgende generasie innoveerders te inspireer. Ons is opgewonde om A Story of Disruption bekend te stel en só mense nader te bring aan die maverick-denkwyse wat so kenmerkend is van ons handelsmerk.”

Van my gunsteling- Oakley ontwerpe: