Het jy gehoor?

Kevin Spacey oorhandig studiebeurs aan jong SA akteur

Toe die 26-jarige Danilo ‘n twiet van Kevin Spacey gesien het, sou hy nooit kon raai wat sou volg nie. Hy het besluit om op dié Amerikaanse akteur se twiet te reageer. En die gevolg? ‘n Volledige beurs om vir 3 jaar aan die gesogte Regent Universiteit in Londen te studeer.

Danilo is hoofsaaklik ‘n verhoogakteur wat in Deon Opperman se My Fair Lady en in The Lion King gespeel het. Die beurs van die Kevin Spacey-stigting beteken dat al sy studiekostes gedek sal word terwyl hy in Engeland verder studeer om sy droom van akteur-wees te bewaarheid.

Kevin Spacey maak fliek saam met Afrikaanse vrou

Maar dit is nie asof dié beurs net in sy skoot geval het nie. Daar was ‘n baie streng keuringsproses, wat ‘n telefoniese én ‘n persoonlike onderhoud ingesluit het. Hy moes ook  werkswinkels bywoon en toetse skryf!Maar nou spog hy met ‘n getekende brief van Kevin self waarin hy hom met sy prestasie gelukwens: “Ek hoop jy gaan jou tyd by die Regent Universiteit baie geniet. Ek hoop dat jy as ‘n akteur sal leer en groei en dat jy jou kennis en begrip oor die internasionale teater sal verbreed.”Hy sal vir Kevin by die meestersklas by dié universiteit ontmoet, waar hy ‘n deeltydse dosent is. Danilo Antonelli

Bronne: Times Live, TVSA