FOTO: Instagram  khloekardashian

FOTO: Instagram khloekardashian

Het jy gehoor?

Khloé Kardashian se fantastiese lyf maak opslae

Die realiteitster Khloé Kardashian het 35 pond (meer as 15kg) verloor deur hard te oefen. Sy verwys na haar nuwe lyf as haar weerwraak-lyf. “Ek sal nooit weer die ‘vet suster’ genoem word nie,” het sy op Instagram geskryf.

Alhoewel Khloé so maer geword het, het sy glad nie haar dieet verander nie. “Ek eet steeds wat ek wil, want ek is baie lief vir eet. Ek is ’n ‘foodie’ … Ek sal eerder harder oefen en eet wat ek wil,” het sy aan Women’s Health vertel. Sy pronk op die voorblad van dié tydskrif se September-uitgawe.

Sy vertel ook in die onderhoud dat sy gesukkel het om in die roetine van daaglikse oefening te kom. Ná haar egskeiding van die basketbalspeler Lamar Odom in 2012 het sy saam met die privaat afrigter Gunnar Peterson begin oefen. “Die eerste 45 dae was aaklig, ek was moeg en my spiere was seer, maar toe ek die verskil begin sien het ek geweet dit is die moeite werd.”

FOTO: Women's Health

FOTO: Women’s Health

Khloé het selfs ’n hele kamer vol oefen klere, klik HIER vir die foto’s.

Bron: Women’s Health

Lees ook