Kamini Pather - wenner van MasterChefSA

Het jy gehoor?

SA se MasterChef en Khumba internasionaal benoem

Ons plaaslike film- en televisieproduksies hoef vir niemand terug te staan nie. Met twee Emmy-benoemings én ’n Oscar-beeldjie wat wink, is dit duidelik dat ons produksies met die bestes in die wêreld kan meeding.

Khumba word internasionaal opgeraap

Khumba Ster Kinekor

Dié Suid-Afrikaanse 3D-tekenprent oor ’n sebra wat sy strepe verloor het, is onlangs deur 4 groot internasionale filmverspreiders gekoop.

Die Nasionale Rolprent- en Video­stigting (NFVF) het bevestig dat dié fliek van Triggerfish Animation Studios van Kaapstad reeds aan meer as 40 Amerikaanse teaters verkoop is, asook aan verspreiders van Australië, Brittanje en Italië. Dit het reeds twee internasionale animasie-pryse ontvang.

3D-tekenprent van Suid-Afrika onder wêreld se bestes

Khumba begin op 25 Oktober in Engels én in Afrikaans in Suid-Afrika draai.

Lees hier watter Afrikaanse akteurs het hul stemme verleen vir dié projek

Emmy-roem

Dis die Oscars vir televisieprogramme en Suid-Afrika se MasterChef én Loyiso Gola se Late Nite News is vir ’n internasionale Emmy benoem!

MasterChef SA, wat onlangs sy tweede wenner, Kamini Pather, aangewys het, is benoem as beste werklikheidsprogram. Díe program soek die beste amateur-sjef in Suid-Afrika.

Kamini Pather oor haar MasterChef-wen: ‘Dit het nog nie ingesink nie!’

Late Nite News, wat aangebied word deur die komediant Loyiso, bied ’n komiese blik op die aktuele sake van die week.

Die 41ste Internasionale Emmy-toekennings word op 25 November tydens ’n spoggeleentheid in New York gehou.

’n Oscar wink

Die Suid-Afrikaanse benderiller Four Corners is vir ’n Oscar benoem vir Beste Uitheemse Taal-film. Die karakters in dié fliek praat ’n mengsel van Sabela (tronktaal), Tsotsi-taal, Kaapse Afrikaans en Engels. Die prent gaan oor die voortdurende oorlog tussen bendes op die Kaapse Vlakte.

Four Corners is ’n Suid-Afrikaanse tronkwoord vir die vier mure van ’n tronksel. Baie van die akteurs in dié film het nie formele opleiding nie en is mense van die Kaapse Vlakte.

Kyk hier na die lokprent van Four Corners

Ons hou al ons duime vas!

Bronne: