Hilaria, Alec en Ireland
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Hilaria, Alec en Ireland FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Kim Basinger en Alec Baldwin se dogter is ma se ewebeeld

Papparazzi-foto’s van Ireland Baldwin saam met pa Alec Baldwin het onlangs op die web verskyn met opskrifte wat dié langbeen skoonheid besing. Maar wat het ons verwag – met sulke goeie gene is dit onmoontlik om nie ook aandag te trek nie.

30 Rock-akteur Alec (54) lyk deesdae self nie te sleg nie. Hy’t baie gewig afgeskud, sedertdien verloof geraak aan joga-instrukteur Hilaria Thomas (28) en beplan volgens gerugte om hierdie naweek (30 Junie) voor die kansel te staan. ‘n Baba vir die paartjie is ook op die kaarte.

Foto bo: Hilaria, Alec en Ireland

Ireland was destyds die middelpunt van ‘n morsige skeisaak tussen Baldwin en sy eerste vrou, Kim. Daar is sprake dat Kim en haar 9 1/2 Weeks-medester, Mickey Rourke, weer teenoor mekaar gaan speel, dié keer in die fliek Black November.

Ons hou die pers dop om te sien of Ireland in haar bekende ouers se voetspore gaan volg . . .