FOTO: kykNET / Vernondo Boshoff Photography

FOTO: kykNET / Vernondo Boshoff Photography

Het jy gehoor?

Kim Cloete en ander bekendes praat oor hul hare

Taal van jou hare… Of dit nou steil of krullerig is, lank of kort, jou hare ‘praat’. Maak seker jy hou van die boodskap wat dit uitstuur!

KIM CLOETE, tans in Binnelanders en mede-aanbieder van die leefstylprogram VeranderDinge op kykNET, oor haar nuwe, kort kapsel:

“Vir my was dit die afgooi van iets, ’n deel van myself. Ek was midde-in ’n groot oorgang en dit was die maklikste manier om dit uiterlik te demonstreer. Dit was nie bewustelik nie, heel instinktief, maar so bevrydend.”

FOTO: Pieter Lombaard

FOTO: Pieter Lombaard

ALEXA STRACHAN, teaterpersoonlikheid en choreograaf van SARIE Voorbladgesig, sny haar rooibruin krulle self

“My krulle is flippen gemaklik, kort of lank. Ek is nie iemand wat graag titivate nie. Ek besit nie eens ’n kam nie, tot my oorlede pa se spyt. Dis so onnet, het hy altyd gesê. Dis egter die hare wat Moeder Natuur my gegee het. As ek vier keer in my volwasse lewe by ’n haarkapper was, is dit baie. Ek sny dit sommer self, of vra die naaste mens.”

Alexa sê haar BMW-motorfiets, wat ’n ruk gelede gesteel is, was vir haar ’n groter deel van haar identiteit as haar hare. Tog wou sy ’n paar jaar gelede dit nie vir die stuk Vergenoeg afsny nie. André Odendaal, die regisseur, wou afwyk van haar tipiese voorkoms. Sy het vasgeskop. “Uiteindelik is volstaan met my hare in sulke vreemde poniestertbolla- tipe-goed.”

FOTO: Willem Lourens

FOTO: Willem Lourens

SHALEEN SURTIE-RICHARDS, aktrise

“Ek’t mos extensions in. Ek’s mal daaroor, ek’t nooit ’n bad hair day nie. As jou hare nie reg is nie, gaan jy ook nie wees nie, al is jy só grênd uitgevat. Ek was mos byna ’n miljoen jaar in Egoli en Nenna se hare moes ’n sekere manier lyk. Ek kon dit nie afsny of laat groei as die gier my pak nie. Nou is ek baas van my eie plaas.”

Lees ook