Kanye West en Kim Kardashian FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Kanye West en Kim Kardashian FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Het jy gehoor?

Kim en Kanye haak af in die geheim

Hulle lewe is ’n oop boek, maar dít het Kim Kardashian en Kanye West besluit om geheim te hou!

Dié verloofde paartjie se troue gaan glo die troue van die jaar wees. Reeds is daar talle berigte oor die luukshede wat by die troue gaan wees. Volgens die oorsese skinderblaaie gaan dit op 24 Mei in Frankryk plaasvind en die Versailles-paleis is genoem as moontlike onthaalplek. Haar trourok is reeds gekies, maar sy gaan verskeie ontwerpersrokke deur die loop van die geleentheid dra, onder andere Givenchy-, Balmain- en Lanvin-skeppings, berig Life and Style. Lees die volledige berig hier.

Kim en Kanye FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Kim en Kanye
FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Maar nou lyk dit of dié berugte paartjie die gaste voorgespring het! Life and Style het eerste by ’n bron verneem dat Kimye, soos die paartjie genoem word, reeds in Amerika in die geheim getrou het, maar net die onthaal en moontlik ’n nie-amptelike seremonie in Parys gaan hê.

Die troue gaan, soos die verlowing, op die werklikheidsreeks Keeping up with the Kardashians uitgesaai word.

Kim het aan Vogue, waarop sy die voorbladgesig is ná maande se probeerslae, gesê dat die troue “intiem” gaan wees. “Mense neem aan ons gaan hierdie massiewe troue hê, maar ek dink dit gaan intiem wees. Sowat 200 mense … ’n spesiale aand vir ons en die mense wat ons lief het en wat ons ondersteun.”

Kim Kardashian

Baie mense het gedink dat Kimye net ’n gier in die vermaaklikheidsindustrie is, maar omdat hul Vogue-voorblad alle verwagtinge oortref het (dié eksemplaar het die half miljoen-merk oorskry en meer eksemplare verkoop as Michelle Obama en Beyoncé op die voorblad) het hulle bewys hulle is hier om te bly.

Dit is nie die laaste wat ons van Kimye gaan sien nie …

Die paartjie beplan ook reeds aan hul tweede kind, lees meer hier

Bron: Life and Style en Daily Mail