FOTO Instagram @kimkardashian

FOTO Instagram @kimkardashian

Het jy gehoor?

Kim Kardadashian se eerste sosialemedia-foto ná rooftog

Kim Kardashian het nog nie weer iets op Instagram, Twitter of Snapchat gedeel sedert die rooftog in Parys in Oktober verlede jaar nie. Maar sy het gister haar sosialemedia-stilte gebreek.

Verlore inkomste

Kim maak baie geld uit haar sosialemedia-platforms en kan tot $300,000 per post maak wat geborg is, berig Market Watch. Die skinderblog Perez Hilton skat dat Kim tot $1 miljoen per maand maak met haar 89.6 miljoen volgers op Instagram en 49.3 miljoen volgers on Twitter.

Sy was vir presies 3 maande stil sedert die traumatiese rooftog.

Eerste foto in 3 maande

Die 36-jarige het gister dié gesinsfoto van haar man, Kanye West, en kinders Saint (1) en North (3) gedeel.

Die foto het reeds oor die 3 miljoen likes op Instagram.

family

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

 

Lesse geleer

Dit lyk asof Kim haar les geleer het. Moenie jou duur items soos juweliersware op sosialemedia sit nie en moenie konstant jou doen en late deel nie. Diewe hou jou dop en weet presies wanneer jy waar is wat van jou ’n sagte teiken maak.

Bronne: RefineryMarket WatchPerez Hilton

Lees nou

Kim met vuurwapen aangehou

Bly só veilig op die internet

As Kim kan, Kanye? Só breek jy die internet!