FOTO:  kimkardashian

FOTO: kimkardashian

Het jy gehoor?

Kim Kardashian deel foto van baba Saint

Haar seuntjie, Saint, is reeds in Desember gebore, maar Kim Kardashian het hom eers gister vir die wêreld gewys – op sosiale media, natuurlik!

Kim het besluit om dié stap te doen op haar pa, Robert Kardashian, se verjaardag.
“Vandag is my pa se verjaardag. Ek weet hy sou niks meer in die wêreld wou gehad het as om sy kleinkinders te ontmoet nie. Daarom deel ek die foto van Saint,” het sy op haar webtuiste geskryf.

Robert, wat in 2003 oorlede is, was die advokaat wat die voetbalster OJ Simpson in die moordhofsaak verteenwoordig het. OJ is onskuldig bevind aan die moord op sy eksvrou, Nicole Brown Simpson. Die FX-kabelnetwerk se reeks American Crime Story: The People vs. OJ Simpson is op dié hofsaak gegrond. En Friends se Ross Geller (David Schwimmer) speel daarin Kim se pa.

SAINT WEST

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Dis Kim en Kanye West se tweede kind. Die paartjie is in 2014 getroud en hulle het ook ’n dogter, North.

Lees nou