FOTO Instagram @kimkardashian

FOTO Instagram @kimkardashian

Het jy gehoor?

Kim Kardashian kan nie die huis verlaat sonder dié item

Vir talle vroue is Kim Kardashian se lyf die toonbeeld van vroulikheid. Tog berig HELLO!  dat dié 34-jarige werklikheidster soms onseker oor haar gewig voel. Om haar selfvertroue ’n hupstoot te gee, verlaat sy nooit die huis sonder vormdrag nie. 

“Die laaste tyd is ek baie selfbewus oor my gewig. Ek kan nie die huis sonder Spanx verlaat nie,” het Kim vertel.

“Ek bekommer my heeltyd daaroor. Almal dink ek het aan my heupe en boude laat werk, maar dis omdat ek 9 kg swaarder is.”

Kim se besluit om haar kwesbare kant te wys is glo deur haar suster Kylie Jenner gemotiveer, wat uiteindelik bevestig het dat sy aan haar lippe laat werk het.

“Jou lippe lyk fantasties … Maar as die media jou daaroor vra, wees eerlik. Ons almal het dinge waaroor ons onseker voel, mens moet dit net op die regte manier hanteer,” het Kim haar jonger suster raad gegee.

Bron: HELLO!

Lees ook