FOTO Instagram / @mtv

FOTO Instagram / @mtv

Het jy gehoor?

Kim Kardashian óók sonder grimering

Die Grammy-wenner Alicia Keys het vanjaar dié tendens op die rooi tapyt begin – om sonder grimering by ’n glansgeleentheid op te daag. Nou het Kim dit ook gedoen!

Die 35-jarige Alicia het in Mei vanjaar in ’n nuusbrief-inskrywing op die aktrise Lena Dunham se webtuiste Lennyletter.com haar besluit om voortaan grimeringvry te gaan onthul, berig The Washington Post aanlyn.

FOTO Instagram (@aliciakeys)

FOTO Instagram (@aliciakeys)

In die inskrywing vertel sy dat Hollywood se voortdurende kollig haar oor die jare dikwels gedwing het om haar voorkoms te verander net sodat sy aanvaar kan word. Sy is ook moeg vir die druk wat vroue oral elke liewe dag ervaar om byvoorbeeld mooi en sexy te lyk of maer te wees, sê sy.

Talle bekendes het in haar voetspore gevolg, soos Jennifer Garner en Amanda Seyfried. Nou het die koningin van selfies, Kim Kardashian, ook dié dapper stap gewaag. Hoewel dit nie permanent is nie, het sy sonder grimering by die Balenciaga-modevertoning tydens die Paryse Modeweek opgedaag.

Soos nét Kim kan, het sy eers daaroor getwiet en toe haar woord gehou – natuurlik!

Balenciaga. No make up today.

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Lees nou

FOTO’s: Só lyk nuutste ‘Beauty and the Beast’

Skoonheid ♥ borskankerbewustheid – só kan jy ook help!

Arno maak eerste Afrikaanse CD