FOTO: Instagram 
kimkardashian

FOTO: Instagram kimkardashian

Het jy gehoor?

Kim Kardashian se babanaam onthul PLUS prins William se oproep van gelukwensing

Die glanspaar Kim Kardashian en Kanye West het toe nie hul babaseun Easton genoem nie. Volgens Huffington Post het hulle op die naam Saint West besluit. 

Die 35-jarige realiteitster het die nuus op verskeie sosialemedia-platforms bekend gemaak.

Sy het ook op haar webtuiste geskryf Saint, wat op 5 Desember in die wêreld gebring is, het by geboorte 3,65 kg geweeg.

Nie almal hou van dié babanaam nie.

twitter

Steeds het talle boodskappe van gelukwensing vir die gesin op sosiale media ingestroom. Hulle het volgens Hollywood Life glo ook ’n oproep van gelukwensing ontvang van die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate. Die Hollywood-“koninklikes” was blykbaar verras en beïndruk deur dié spesiale oproep.

Kim en Kanye is in 2014 getroud. Hul eersteling, North West, is in 2013 gebore.

Hou jy van die naam Saint West?

  • JA
  • NEE

Bronne: Huffington Post en Hollywood Life

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!