FOTO: Instagram  kimkardashian

FOTO: Instagram kimkardashian

Het jy gehoor?

Kim Kardashian se dieet onthul: Alles wat sy in een dag eet

Kim Kardashian se wulpse lyf haal gereeld opskrifte in die media. Nou onthul sy in haar boek Selfish wat sy op ’n tipiese dag eet en hoe hard sy oefen, berig E! Online

Die 34-jarige werklikheidster staan soggens sesuur op. Nadat sy met haar man, die kletsrymer Kanye West, gesels en by haar dogter, North, ingeloer het, is draf gewoonlik volgende op haar besige agenda.

“Ek woon in ’n omheinde gemeenskap met baie drafroetes. Ek hardloop daar, of sommer op die trapmeul in ons huis … My oefensessies is gewoonling ’n uur lank: Ek hardloop vir so 35 minute en daarna sal ek aan my bene of maagspiere werk,” sê sy.

Teen agtuur is Kim klaar geoefen. Vir ontbyt is dit roereiers, hawermout of ’n proteïen-skommel met vrugte.

Middagete is eenuur: “Die laaste tyd eet ek graag vis of vleis met groente.” 

Teen drie-uur is sy gereed vir ’n peuselhappie, en sy eet aandete om sewe-uur, wat uit dieselfde bestaan as haar middagete: vis of vleis met groente.

“As my suikertand te erg raak, sal ek ’n grondboontjiebotter-stafie eet. Maar ek geniet selde mengeldrankies of nagereg. Ek wil ’n voorbeeld vir my dogter stel deur ’n natuurlike, gesonde leefstyl te handhaaf.” het Kim bygevoeg.”

Bron: E! Online

Lees ook