FOTO: Instagram  kimkardashian

FOTO: Instagram kimkardashian

Het jy gehoor?

Kim Kardashian se geheime vir die perfekte selfie

Kim is die koningin van selfies. Haar Instagram-blad is vol van dié foto’s van haarself, en dit word deur duisende aanhangers gedeel. Sy het op die kletsprogram, Jimmy Kimmel Live! verduidelik hoe mens die perfecte selfie neem, berig PopCrush

“Die geheim is die beligting en die hoek waaruit jy die foto neem,” het sy gesê. Die manier waarop jy die foto knip (crop) speel ook ’n rol. “As daar ’n gedeelte van jou lyf is wat jy nie in die foto wil hê nie, dan knip jy dit net uit.”

Kyk hier hoe sy vir Jimmy Kimmel verduidelik hoe om die perfekte selfie te neem: