FOTO: Instagram kimkardashian

FOTO: Instagram kimkardashian

Het jy gehoor?

Kim Kardashian se seun gebore PLUS Twitter kies sy naam

Die glanspaar Kim Kardashian en Kanye West het oor die naweek ’n seun ryker geword, berig E! Online. Hul tweede kind is Saterdagoggend gebore. 

“Ek en Kanye verwelkom ons babaseun! … Dit gaan baie goed met ma en seun,” lees die boodskap op die 35-jarige realiteitster se webtuiste.

Volgens E! Online het Kim en Kanye nog nie op ’n naam besluit vir die nuutste toevoeging tot hul gesin nie, maar US Weekly sê dit het nie Twitter-gebruikers gekeer om die seun sommer self te doop nie.

Die naam Easton West het Saterdag op dié sosialemedia-platform ge-trend. Kim het voorheen op Ellen DeGeneres se geselsprogram gesê sy hou van dié naam, maar sy is nie seker of manlief dieselfde voel nie.

twitter

Kim en Kanye is in 2014 getroud. Hul eersteling, North West, is in 2013 gebore.

My family /a>

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Bronne: US Weekly en E! Online

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!