Kanye West en Kim Kardashian FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Het jy gehoor?

Kim Kardashian swanger met baba no.2 – GERUG

As ons die skinderblaaie kan glo, is Kim Kardashian swanger met haar tweede kind.

Kim, Kanye en die 1-jarige North West se gesin gaan glo uitbrei. En in ware Kardashian-styl, gaan dié nuus glo eers op hul werklikheidsprogram Keeping Up With The Kardashians bekend gemaak word.

Dié 34-jarige realiteitster, wat glo reeds ’n baba-magie het, gaan op die program aankondig dat sy swanger is, maar omdat die program eers later uitgesaai word, moet sy dié nuus lank stilhou.

Die West-gesin: Kim Kardashian by Kanye West en hul baba, North FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Die West-gesin: Kim Kardashian by Kanye West en hul baba, North
FOTO: Instagram (@kimkardashian)

MediaTakeOut.com berig dat ’n vervaardiger van dié TV-program gesê het dat hulle reeds ’n episode geskryf het waarin Kim dié nuus breek.

Die tonge is ook los ná Kim onlangs oor haar swangerskapstyl gepraat het, en toe per ongeluk in die teenwoordige tyd in plaas van in die verlede tyd gepraat het.

Kim het tydens Halloween haar binneste gewys - sluit dit 'n baba in? FOTO: Instagram @kimkardashian

Kim het tydens Halloween haar binneste gewys – sluit dit ‘n baba in?
FOTO: Instagram @kimkardashian

Gaan Kim en Kate, die hertogin van Cambridge, se swangerskapstyle weer vergelyk word? Net die tyd sal leer …

Bron: Life & Style