FOTO Instagram @kimkardashian

FOTO Instagram @kimkardashian

Het jy gehoor?

Kim Kardashian is weer swanger

Die realiteitster Kim Kardashian en haar man, Kanye West, verwag hul tweede kind, berig E! Online. Dié nuus is in ’n episode van hul gewilde reeks Keeping up with the Kardashians (KUWTK) bekend gemaak.

Kim, wat in die jongste reeks van KUWTK erken het dat sy sukkel om weer swanger te word, is verheug oor die nuus. “Ek het die bloedtoetse gekry en ek is swanger,” sê sy vir haar suster Khloé in ’n lokprent vir die tweede helfte van dié seisoen.

Dit is nog onbekend hoe ver Kim se swangerskap is, aangesien die reeks vooraf opgeneem word, berig Elle.com.

Haar eersteling, North, sal op 15 Junie haar tweede verjaardag vier.

VIDEO: Hier is die lokprent waarin Kim hoor sy is weer swanger


Ons wonder of baba nommer 2 ook na ’n windrigting vernoem sal word …

Lees ook