FOTO: Instagram / @kimkardashian

FOTO: Instagram / @kimkardashian

Het jy gehoor?

Kim Kardashian wen toekenning vir selfies

Teen dié tyd weet die wêreld al dat Kim Kardashian daarvan hou om goeie selfies te neem. Haar foto’s op sosiale media het talle kere die kuberruim “gebreek”. En sy is glad nie skaam om kaalfoto’s te deel nie. Nóú het Kim ’n toekenning daarvoor gekry! 

Sy het op 16 Mei ’n Webby-internettoekenning ontvang vir die kere dat sy die internet “gebreek” het. Die ontvanger van ’n Webby se toespraak mag net vyf woorde bevat. En Kim se toespraak? “Nude selfies ’til I die.”

Haar rapper-man, Kanye West, het ook ’n Webby vir kunstenaar van die jaar gewen.

Stap vir stap na beste selfie

Kim het vanjaar kritiek ontvang oor sy “skaamteloos” ’n naakselfie gedeel het. Sy het toe ’n verklaring op haar webtuiste geplaas.

“Ek gebruik nie dwelms nie, ek drink skaars en ek het nog nooit ’n misdaad gepleeg nie. Maar omdat ek trots is op my liggaam, is ek ’n slegte rolmodel.”

Bron: Billboard

Kyk haar toespraak hier

Die aktrise en sakevrou Jessica Alba het ook ’n Webby ontvang. Sy was aangewys as entrepreneur van die jaar vir haar sukses met haar maatskappy, The Honest Company.

En haar vyf woorde?
“Guts. Heart. Passion. Drive. Wifi.”

Lees nou

Naak Kim Kardashian kap terug

Stap vir stap na beste selfie