Screen Shot 2015-07-21 at 10.59.31 AM
Het jy gehoor?

Kim, Khloé, Kris en Kylie – Dié grimeerkunstenaar transformeer na elkeen van hulle binne ’n minuut

As jy soos een van die Keeping Up with the Kardashians-sterre wil lyk, hoef jy nie onder die mes te gaan lê of duisende rande te spandeer nie. Kandee Johnson wys in dié video hoe jy met net grimering soos Kim, Khloé, hul ma Kris of hul halfsuster Kylie kan lyk.

Dit is nie die eerste keer dat Kandee ’n video maak van hoe sy haarself transformeer nie. Sy het al met die hulp van grimeerkunsies in bekendes soos Angelina Jolie en selfs Barbie verander, berig E!Online.

Jy kan byna nie glo as hulle die vier gesigte aan die einde van die video wys en dan weer haar eie grimeerlose gesig daarna nie! Dit is ’n moet-sien-video wat jou mond sal laat oophang!

Bron: E!Online

Lees ook