FOTO Instagram / @kimkardashian

FOTO Instagram / @kimkardashian

Het jy gehoor?

Kim met vuurwapen aangehou

Kim Kardashian, wat die afgelope week in Parys was vir die modeweek, is met ’n vuurwapen aangehou in haar hotelkamer in die stad van liefde, berig The Guardian.

Twee mans, wat glo soos polisie aangetrek het, het Kim Sondag in haar hotelkamer aangehou. Aan die ander kant van die wêreld het haar kletsrymer-man, Kanye West, halfpad deur sy vertoning by die Meadows Music and Arts Festival in New York skielik opgehou en die verhoog verlaat weens ’n “familie-noodgeval”.

Die musiekfees het dit ook amptelik bevestig.

Dis nog onseker of Kim beroof was, maar gelukkig het sy nie seergekry nie.

Net verlede week was sy die nuutste slagoffer van die poetsbakker Vitalii Sediuk. Sy was op pad na haar motor toe Vitalii letterlik haar agterstewe gesoen het – ja, dáárdie sitvlak! Vinniger as wat jy “genugtig!” kon sê, is hy deur haar lyfwag tot op die grond gemoker.

FOTO Instagram / @vitaliisediuk

FOTO Instagram / @vitaliisediuk

Kim het natuurlik daaroor getwiet.

Lees nou

FOTO’s: Só lyk nuutste ‘Beauty and the Beast’

Dis ’n nuwe maand! Laai jou Oktober-kalender hier af!

37 nuwe emoji’s beskikbaar!