nadine_cover
Het jy gehoor?

Kindersterre wat steeds skitter – Wie oorleef die kollig?

Onlangs het die eens onskuldige Hannah Montana-ster, Miley Cyrus, die wêreld met haar suggestiewe vertonings geskok. Sal sy die druk as ‘volwasse’ kunstenaar kan hanteer? En hoe het ons eie plaaslike jong sterre, soos Nádine, dit oorleef?

Op dertien het Nádine reeds die volk as sangeres betower met die CD Krappies en Krefies – maar sy het ook baie lank gesukkel om haar aanhangers te oortuig sy is nié meer ’n kinderster nie. Jare lank was dit asof hulle haar kind wou hou. Sy was trouens een van Suid-Afrika se grootste kindersterre nóg. Haar tweede album, Nádine-Nádine, het in 1997 platinum-status (verkope van 50 000) behaal.

Kyk hier na haar musiekvideo “Light in the Sky”

 

Nina Swart Feb 2014

 

Lees hoe Nádine die druk oorleef het, in die nuutste SARIE. PLUS nóg kindersterre se stories – Miley, Liz Taylor, Annie Malan, Anrich Herbst en Justin Bieber.