article_2197987_14d14fb3000005dc_613_634x832
Het jy gehoor?

Kristen Stewart praat ná affair, kry nuwe hare

Die 22-jarige Twilight-aktrise is deur Mario Testino vir dié smeulende voorblad afgeneem. Op die voorblad dra sy ‘n glansryke Gucci-rok, met haar  bruin lokke na een kant toe.

“Ek weet dat as ‘n mens nog wonder oor hoe jy ‘n jouself in ‘n mooi ‘pakkie’ daarbuite gaan sit, dit maklik kan lyk of jy nie ambisie het nie,” het sy aan Vogue gesê. “Maar ek kan nie! Mense dink dit is maklik. Want daar is sy dan nou. Sy doen wat sy wil doen, sy maak geld daaruit…”

“Ek is nie so koel en kalm soos ek vorokom nie, ek raak lomp rondom sekere mense. As ek regtig moet gaan sit en dink: ‘Oukei, ek’s beroemd. Hoe gaan ek in die publiek optree?’, dan het ek nie ‘n idee wie daardie mens is nie.”

“Dit sou so maklik gewees het as ek geweet het, maar ek weet nie,” het sy verder gesê.

Kirsten ‘n blond?

In haar splinternuwe fliek, On The Road, moes sy haar hare blond kleur – iets waarmee sy nie regtig gemaklik was nie.

Sam Riley, Kristen Stewart en Garrett Hedlund in On the Road

“Dit het gevoel of my hele lyf dit verwerp, maar dit was só belangrik vir die karakter. Dit was soos om ‘n nuwe aksent aan te leer!” het sy aan Vogue gesê.

Sy speel die rol van Marylou, ‘n lid van die beat-generasie. En hoewel dié era lank voor haar tyd was, is dit iets waarmee sy kan assosieer: “Daar gaan altyd daardie mense wees wat dinge anders as die norm wil hê. Dit is nie noodwendige ‘n rebelse streep nie, dis meer wie hulle is

“Dié era maak my só nostalgies, en dit voel ontsettend vry. Ek’s mal oor die aspek van lojaliteit, om op dieselfde golflengte met ‘n groep mense te wees wat my waardes deel. Dit is mense wat nie val vir die roem nie, maar daarvan hoe om flieks te maak en te floreer!” het sy gesê.