aysavpbcuaaqvrv.jpg_large
Het jy gehoor?

Kirstie Alley verloor 45 kg, maar sy is in die moeilikheid

Kirstie,wat deesdae 45 kg ligter weeg, het onlangs ‘n paar foto’s van haar en haar vriend Jonathan Knight op Twitter gedeel. En sy lyk fantasties met haar nuwe lyf én haar nuwe haarkleur!

Kirstie Alley en Jonathan Knight

Sy is egter in die sop! Daar word beweer dat dié Dancing With The Stars-ster nie net danksy haar dieet-produk, Organic Liaison, waarvan sy die “gesig” is, gewig verloor het nie, maar dat sy ook ‘n baie streng eet- en oefenplan gevolg het terwyl sy aan dié werklikheidsprogram deelgeneem het.

Nou word sy vir ‘n misleidende advertensieveldtog gedagvaar deur Marina Abramyan, wat die dieet gevolg het. Sy beskuldig Alley daarvan dat Organic Liaison net ‘n gesondheidsfoefie is.

In een van die advertensieveldtogte sê Alley: “Ek het 100 pond [45 kg] verloor en dra nou ‘n 6 danksy Organic Liaison. Ek waarborg jou dat as jy die program volg jy gesonder sal wees, gewig sal verloor en nie konstant honger sal wees nie.”

Abramyan het egter geen van die bogenoemde ervaar nie, en daarom het sy nou vir Alley en Organic Liaison gedagvaar.

Kirstie Alley vóór en ná

Diegene in Alley se kamp meen dat Abramyan geen voet het om op te staan nie en dat die produk werk. Hulle hou vol dat Alley met die Organic Liaison-program sowat 70 pond (31 kg) verloor het (sy het dit ‘n jaar en ‘n half lank gebruik) en dat sy die ander 30 pond (13 kg) tydens Dancing With The Stars verloor het.

  • Brunie Hunt

    Maak eintlik nie saak nie – sy het 45 kg verloor en dis waaroor dit gaan! Sy lyk baie goed.

  • Eurika

    Ja se ek ook Brunie…Eks so bly om te sien…sy was nog altyd een van my gunsteling aktrises. :) Well done. U go girl !!

  • Lizelle Brown

    Wow sy lyk baie goed wat behels die dieet wat sy gevolg het ek wil 15kg verloor. My email add is
    allanlizellebrown@ymail.com