Tinarie van Wyk  dra Habits.Fotograaf : Leana Cluines-Ross.Grimering : Algria Ferreira.Hare :Kevin Epstein

Tinarie van Wyk dra Habits.Fotograaf : Leana Cluines-Ross.Grimering : Algria Ferreira.Hare :Kevin Epstein

Het jy gehoor?

KKNK: Tinarie van Wyk-Loots dié darling van teater

Teater is vir die bekroonde aktrise Tinarie van Wyk-Loots soos ’n mooi blom. “Die verganklikheid, soos met blomme, is die wonder daarvan. Elke aand word dieselfde storie vertel, maar die klink ‘anders’. Die persoonlike verhouding met die gehoor is kosbaar en laat my nuwe dinge in myself en die teks ontdek.”

Sy is bekend daarvoor om in twee of meer produksies by ‘n kunstefees te speel. Met haar druk werkprogram – op die verhoog rol die sweet dikwels van haar slape af – stort sy haar wese in haar werk. “Soms speel ek in dieselfde tyd in vele produksies en daar is tot vier karakters gelyk in my kop,” sê sy, “maar elkeen ‘woon’ in sy eie ruimte. Ek daag myself uit, raak teaterfiks.”

Met haar druk werkprogram – op die verhoog rol die sweet dikwels van haar slape af – stort sy haar wese in haar werk. Sy is vanjaar by die KKNK-kunstefees in twee produksies te sien: Son. Maan. Sterre. met Christiaan Olwagen as regisseur, en Hemelruim, met regie deur Nico Scheepers.

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Tinarie meen jy kan eers werklik goed toneelspeel wanneer jy weerloos is. “Akteurs is storievertellers. ’n Kanaal waardeur die regisseur die storie stuur. Jy moet probeer om gestroop van jou ego te wees om die storie te laat praat.” En voeg dan by: “Die moderne samelewing raak al hoe banger om hul weerloosheid te wys.” Maar op die verhoog kan jy nie wegkruip nie. “Dáárdie intense energie maak dit juis so wonderlik vir die akteurs en gehoor.”

Tinarie woon deesdae op Riebeek-Kasteel met haar katte Ethel, Evette, Snoop en Mia. En verlede jaar het sy en die talentvolle aktrise Sandra Prinsloo op die voorblad van ons November-uitgawe verskyn.

KKNK: Hemelruim deur Nick Payne

FOTO: KKNK-program

FOTO: KKNK-program

Met: Tinarie van Wyk-Loots en Paul du Toit

Regie, Vertaling en ontwerp: Nico Scheepers

Opsomming: Hemelruim wen in 2012 die Evening Standard-prys vir beste nuwe produksie. Dit word tans op Broadway opgevoer. Dit is die beeldskone verhaal van twee siele wat mekaar keer op keer in verskeie heelalle ontmoet en verloor. Die produksie is eerlik, gestroop, floreer in die hande van die twee spelers en neem die gehoor op ’n reis deur die sterre, vol liefde, wetenskap en heuning.

Afrikaans | Geen o/12 T R120 | 85 min. | Laerskool Van Reedesaal | 24 MAART 09:00 | 25 MAART 17:00 26 MAART 09:00 | 27 MAART 13:00 28 MAART 20:00 | 29 MAART 09:00 30 MAART 17:00

Koop kaartjies hiér.

KKNK: Son. Maan. Sterre deur Alice Birch

FOTO: KKNK-program

FOTO: KKNK-program

Met: Louis van Niekerk, Tinarie van Wyk Loots, Wilhelm van der Walt, Greta Pietersen en Lida Botha

Regie: Christiaan Olwagen

Vertaler: Saartjie Botha

Opsomming: Liefde: een soek daarna, ’n ander probeer dit vermy; nóg een verskans haarself daarteen. Almal is soos mane wat onherroeplik van hul wentelbane ontspoor. Totdat alles kantel en uitgeslinger word in ’n kosmos van gevaarlike geheime. ’n Onthutsende drama – uitverkoop by alle vorige speelvakke – oor patologie, foute en vergifnis. Laetitia Pople gee dit vyf sterre in Die Burger: “As jy by net een produksie kan uitkom, sorg dat dit Son. Maan. Sterre is.” Tinarie van Wyk-Loots is as beste aktrise en Wilhelm van der Walt as beste akteur aangewys by Clover Aardklop 2015.

Afrikaans | Geen o/16 ST | R130 | 65 min. | Gimsaal | 24 MAART 20:00 | 25 MAART 09:00 | 26 MAART 20:00 27 MAART 09:00 | 28 MAART 09:00 | 29 MAART 13:00 | 30 MAART 09:00

Koop kaartjies hiér.